O&B raak elke jaar net alhoe meer belaglik! As 'n eerstejaar in 2007 moes ons in rye hardloop, as jy 'n paal raak hardloop, shame!! En bewaar jou siel as jy net sou durf om 'n HK-lid in die oë te kyk. In die oggende het ons al 6uur op die sypaadjie gesit en wag vir die O&B bussie wat enige tyd tussen 6 en 7uur ons kom oplaai het. In die aande het ons tot half 1 gewag, omdat ons die laaste groep was wat afgelaai is by die huis, dan is dit nog gou more se wasgoed ook gaan was.
Hoe belaglik is dit dat 2010 se eerstejaars nie in rye mag loop nie. Hulle mag nie afkyk nie. Jy mag hulle nie eers "aanraai" om water te drink nie. Daar mag nie op hulle geskree word nie. Hulle mag grimering en juwele dra. O en bewaar jou siel as 'n eerstejaar na 11uur in die aand nog wakker was. Hoekom???? Want hulle is eerstejaars met menseregte!!!
Wat dan van ons as seniors, wat deur "die beste tyd van jou lewe wat jy nooit weer wil oorhê nie" gegaan het, om net weer in jou 3de en 4de jaar soos 'n eerstejaar hanteer te word deur 'n eerstjaar??
Waar het jy gesien dat 'n eerstejaar siek is in O&B en dan voor die TV lê want "sy gaan nie vandag kampus toe nie". Hoekom? Want sy is nie eers bang vir die seniors nie.
Waar het jy gesien 'n senior moet 'n eerstejaar op kampus groet?
Waar het jy gesien 'n eerstejaar vloek 'n senior buite 'n kuierplek omdat sy nie na 'n sekere tyd in die kuierplek mag wees nie?
Waar sien mens dit?? Slegs hier op ons lieflike kampus, waar slegs eerstejaars menseregte het.
Ek stem absoluut saam met jou!!!! Die dore van die jaar is gans en al te voor op die wae!!! Wat gaan volgende jaar en die jare wat volg gebeur!!!
ReplyDeleteJis dit maak my net kwaad, want hulle sê dit was en is vir hulle baie erg dan dink ek as hulle moet deur gaan wat ons of 7 jaar terug se eerstejaars deur gegaan het sou hulle dit nie gemaak het nie.
ReplyDeleteO&B is nie lekker nie, en ja dit is nie lekker om 'n eerstejaar te wees nie. Maar as ons nie deur al daardie afbreuk en opbou gegaan het nie, sou ons nooit vandag nog so 'n sterk groep gewees het nie, en ons sou ook seker geen herinneringe gehad het om oor vandag te lag nie.
ReplyDeleteJa en het ons nie baie herinneringe nie. Onthou jy in die oggende as ons langs die pad gesit en wag (slaap) het vir die bussies, was daar die tannie met haar loop karretjie wat elke oggend daar verby gestap het nie.
ReplyDeleteJa, en Tamatie wat nooit regtig geraas het nie, maar jy was te bang om enige iets verkeerd te doen. Ek sal seker veraltyd respek vir haar hê sy was 'n goeie prim.
ReplyDeleteEn onthou jy al die "kuiers" in die POK se badkamer nadat ons van dampad af moes terug hardloop.
Nee die heel heel beste was Mona se foshini plakkies waarmee sy nie vinnig kon hardloop nie.
ReplyDeleteEn onthou die aand wat ek so siek was en vir Leena gespot het. Legend!!!
Maar ja die eerstejaars van vandag sal nie soortgelyke herinneringe hê nie,want hulle het dit maklik gehad.
Haha ja alles was goeie herinneringe. Beste jaar van my lewe wat ek nooit weer wil oorhê nie.
ReplyDeleteEk gaan nou opdragte doen, lekker dag verder.
Ek ook!!
ReplyDeleteLekker dag