Monday, August 23, 2010

Menseregte 'n klug!

O&B raak elke jaar net alhoe meer belaglik! As 'n eerstejaar in 2007 moes ons in rye hardloop, as jy 'n paal raak hardloop, shame!!  En bewaar jou siel as jy net sou durf om 'n HK-lid in die oë te kyk.    In die oggende het ons al 6uur op die sypaadjie gesit en wag vir die O&B bussie wat enige tyd tussen 6 en 7uur ons kom oplaai het.  In die aande het ons tot half 1 gewag, omdat ons die laaste groep was wat afgelaai is by die huis, dan is dit nog gou more se wasgoed ook gaan was. 

Hoe belaglik is dit dat 2010 se eerstejaars nie in rye mag loop nie.  Hulle mag nie afkyk nie.  Jy mag hulle nie eers "aanraai" om water te drink nie.  Daar mag nie op hulle geskree word nie.  Hulle mag grimering en juwele dra.  O en bewaar jou siel as 'n eerstejaar na 11uur in die aand nog wakker was.  Hoekom???? Want hulle is eerstejaars met menseregte!!!

Wat dan van ons as seniors, wat deur "die beste tyd van jou lewe wat jy nooit weer wil oorhê nie" gegaan het, om net weer in jou 3de en 4de jaar soos 'n eerstejaar hanteer te word deur 'n eerstjaar??

Waar het jy gesien dat 'n eerstejaar siek is in O&B en dan voor die TV lê want "sy gaan nie vandag kampus toe nie".  Hoekom? Want sy is nie eers bang vir die seniors nie. 

Waar het jy gesien 'n senior moet 'n eerstejaar op kampus groet?

Waar het jy gesien 'n eerstejaar vloek 'n senior buite 'n kuierplek omdat sy nie na 'n sekere tyd in die kuierplek mag wees nie?

Waar sien mens dit?? Slegs hier op ons lieflike kampus, waar slegs eerstejaars menseregte het.